‘n Gevestigde finansiële beplanningspraktyk in Welgemoed, Kaapstad verlang die dienste van ‘n Finansiële Beplanner of Leerling Finansiële Beplanner.
Die praktyk se primêre fokus val op beleggingsadvies en die bestuur van individuele en korporatiewe kliënte se beleggingsportefeuljes.
Posvereistes
- Relevante B Graad;
- CFP® kwalifikasie sal ‘n sterk aanbeveling wees;
- Begeerte om ‘n loopbaan in finansiële beplanning te volg;
- Belangstelling in beleggings;
- Uitstekende interpersoonlike verhoudings;
- Begeerte om met mense te werk;
- Tweetaligheid (Afrikaans en Engels)
Die pos is onmiddelik beskikbaar.
Posinhoud
Aanvanklik sal verwag word dat die persoon vertroud sal raak met die praktyk se administratiewe prosesse en stelsels en sal administrasie sowel as produk – en beleggingsnavorsing die grootste deel van die posinhoud uitmaak.
Na mate bostaande bemeester word, sal interaksie met en advies aan die praktyk se kliëntebasis ‘n groter deel van die posinhoud raak.
Steun aan die firma se finansiële beplanners in die proses van dienslewering aan die bestaande kliëntebasies sal deurlopend deel van hierdie pos wees.
Vergoeding
‘n Markverwante salaris ooreenkomstig die persoon se kwalifikasies en ondevinding sal betaal word. Die pos se vergoeding sal in verdere besonderhede tydens ‘n onderhoud bespreek word.
Stel jy belang?
Belangstellendes kan hul CV stuur deur om die “Apply for Job Now” knoppie hieronder te kies.