Verso Wealth (Pty) Ltd, met kantore in Bellville, Rondebosch, Johannesburg, Oos London en Port Elizabeth is ‘n dinamiese finansiële dienste organisasie en ‘n gesamentlike onderneming tussen Galileo Capital en Verso Groep van Maatskappye.
Die nuwe Verso Wealth baat deur die toegang tot die kennis en ervaring van die Galileo Capital bestuur en finansiële adviseurs, waarvan sommige nou deel is van Verso Wealth, asook die die kennis, ervaring en hulpbronne van die welbekende Verso Groep, met sy sterk teenwoordigheid in die werknemersvoordele veld. Verso Wealth bied welvaartbestuur, portefeulje bestuur, holistiese finansiële- en risiko beplanning, belasting en trust dienste asook mediese versekering aan kliënte.
Verso Wealth het tans poste beskikbaar vir volwasse self-gemotiveerde finansiële adviseurs wat onafhanklik kan werk in die Bellville en Port Elizabeth kantore. Die suksesvolle kandidate moet ingestel wees op kliënte diens asook om die organisasie se waardes van respek, integriteit, verantwoordelikheid en strewe om voortdurend te groei en te ontwikkel, uit te leef.
Sleutel verantwoordelikhede van die pos sluit in om kliënte by te staan om hul welvaart te groei en te beskerm deur ‘n weldeurdagte gevestigde beplanningsmetodologie te volg om kliënte advies te bied oor toepaslike produkte, dienste en produk verskaffers. Die suksesvolle kandidate sal nie verantwoordelik daarvoor wees om nuwe kliënte te werf nie. Daar sal egter van finansiële beplanners verwag word om nuwe en bestaande kliënte, deur die organisasie verskaf, aktief te diens. Verso Wealth vergoed finansiële beplanners deur ‘n vaste salaris te betaal met fooi deling na kostes.
Pos vereistes is ‘n relevante graad en/of CFP®, RE 5 en ten minste vyf tot tien jaar ondervinding as ‘n finansiële beplanner. Die geskikte kandidaat moet vlot Afrikaans kan lees en skryf (Afrikaans as huistaal) asook Engels magtig wees, asook eie oor eie vervoer beskik.
Om vir die pos oorweeg te word moet jy aan die minimum vereistes voldoen asook ‘n CV, afskrifte van jou akademiese kwalifikasies en resultate en ‘n aansoek brief stuur aan gerda@galileocapital.co.za voor Maandag 23 November 2015.
Let daarop dat indien ons nie met jou in verbinding tree binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke nie, was jou aansoek onsuksesvol.